Kamphoer Epub ↠ Kindle Edition

Kamphoer Kamphoer deur Francois Smith was vir my nogal 'n moelike boek om te lees Die storie self is nie lineêr nie en skuif tussen die hede en die verlede soos dit aangaan Daar is distansie in die hede terwyl die herinneringe meer persoonlik onmiddelik isDit is gebaseer op 'n ware verhaal van Susan Nell wie se familie bywoners was op 'n Vrystaatse plaas gedurende die Anglo Boereoolog Toe sy in Winburg se konsentrasiekamp beland het was sy verkrag deur twee Engelse soldate en 'n joiner en toe so wreed aangerand is dat hulle haar byna doodgemaak het Haar liggaam het van die lykswa afgerol en 'n Sotho man Tiisetso het haar ontdek Al was se erg beseer het hy en sy vrou Mamello vir haar gesond gemaak en toe vir haar Kaap toe gestuur waar die fotograaf Jack Perry vir homself oor haar ontverm hetEk gaan nie die hele verhaal oorvertel nie maar gaan maar net uitskets hoe Susan se belang in psigoterapie vir haar gely het om te werk met die wat deur drie oorloë van bombskok gely het Sy het ook twee van haar verkragters weer ontmoet maar dié roman handel meestal net met haar tyd by die psigiatriese hospitaal in EngelandKamphoer is 'n ongemaklike storie en omdat dit op die waarheid gebaseer is is daar nie 'n bevredigende einde nie Die tema is die van die stories wat 'n mens vir jouself vertel en hoe die lewe eintlik maar niks beteken nie – net 'n leë oorgroeide graf iewers in die veld Gedurende die Anglo Boere Oorlog in 'n Konsentrasie kamp in Winburg word Susan Nell wreed verkrag en vir dood gelos Dis gebaseer op 'n ware verhaal'n Historiese fiksie met 'n parallel storie lyn na die hede is iets wat ek gewoontlik geniet maar in Kamphoer is die wissel die storie so dat jy byna nie kan byhou nie Alhoewel ek vreeslik jammer gevoel het vir die hoofkarakter kon ek nooit regtig van haar hou nie of selfs vatplek aan haar kry nie Susan bly amper 'n buitestaander in haar eie storieDie Afrikaans is oordrewe in vergelykings asof die skywer nie net tot die storie kan kom nie maar voortdurend net verdydelikDie verhaal gryp jou aan en sal vir lank by my bly maar ek kon nie die boek geniet nie Dis 'n moeilike lees maar absoluut die moeite werd Dis 'n boek wat aan mens krap Persoonlik was ek oneindig jammer vir die hoofkarakter Susan maar ek het dit nooit reggekry om regtig van haar te hou nie Ek dink die trauma het haar so diep geskaad dat sy iets van haarself verloor het En natuurlik is dit te verstane Sy bly egter vir my so half op die rand op die buitewyke van haar eie lewe Asof sy nie wil waag om ooit weer werklik iets te voel nie Ek sal nog lank met hierdie boek in my kop loop Die idee van die verhaal was goed Die naam en beskrywing gryp mens dadelik aan dan begin jy leesEk wou my hare uit my kop uit trek nadat ek 'n kwart van die boek gelees het Dit was 'n pynlike boek om te lees Hoekom? Wel ons Afrikaanse skrywers maak baie keer een van 2 foute Skryf boeke met te min beskrywings en gaan dadelik vir die 'kill' Dis die voel goed boeke soos die miljoene romanza's wat op elke vrou se rak lêLekker om te lees maar word gou vergeet En dan is daar boeke soos hierdie een Klein storie met te veel beskrywing 'n boek té diep sodat dit op die einde homself verloorDie vergelykings peul soos wurms uit die boekEk het besluit om 'n search te doen van hoeveel keer die woord 'soos' verskyn Dis belaglik tot 5 keer in een hoofstuk Nou sit dit saam die search 'asof' Dan kry jy tot 10 vergelykings in 1 hoofstuk Nee dankie Ek wonder of die skrywer heeltyd met 'n woordeboek langs hom gesit het en al sy tyd bestee om beskrywende woorde te kry want een is nie genoeg nie daar moet tot vyf beskrywings van een woord wees En wanneer 'n leser dink aan wat die skrywer gedink het dan moet jy weet die skrywer het iets verkeerd gedoen Die hoofkarakter sit net en dink heeltyd diep nonsens En dit nog terwyl sy besig is om 'n gesprek met iemand te voer Ja 'n hele 10minute se gedagtes voor sy 'n vraag beantwoord Pynlike lees maar 'n goeie verhaal Die skrywer wou net té diep wees Beeldspraak dis wat die naam moes gewees het En dis 'n jammerte want hierdie boek was so reg in my kraal Ek is dankbaar dat ek nou te hore gekom het van Susan Nell Maar ek dink nie ek het haar beter leer ken nie Vandag praat ons van post traumatise stresversteuring die toestand wat in Kamphoer bomskok genoem word Ook die toestand waaraan Susan Nell ly wanneer ons haar ontmoetDie verhaal het vir my maklik gelees maar het terselftertyd 'n emosionele daar wees van my as leser gevra Susan bly 'n randfiguur onkenbaar maar dit is waarskynlik waar sy haarself geplaas hetPersoonlik het ek die boek geniet die metafore en vergelykings wat ander lesers klaarblyklik gepla het het ek toepaslik gevind miskien omdat die psigoterapie baie van metafore gebruik maak? Die taalgebruik het ek allermins as hoogdrawend ervaar miskien omdat ek dit verstaan het? Ek verkies dat taalgebruik pas by die milieu en tydperk waarbinne vertellings afspeel Hierdie was nie my boek van die jaar nieMy twee groot probleme is die gedrag en taalgebruik van die karakter wat nie vir my strook met die tydsgees of met haar bywonerstatus nie Die skrywer skryf pragtige prosa maar totaal uit pas met Susan Nell as verkragte bywonersdogter in onmenslike toestande in 'n konsentrasiekamp Ek mis die stem van die verkragte vrou Dit was blykbaar 'n grootse werk maar ek kon myself nie verloor in die storie en karakters soos bv met Buys nie Ek sou meer gestroopte taalgebruik wou sien vir die boek maar wie is ek nou om 'n groot skrywer se werk te kritiseer?Nog iets wat my baie gepla het is hoe verskillend ek die oumense wat vir my as kind en jong volwassene stories vertel het oor hoe hulle die konsentrasiekampe beleef het se vertellings ervaar het vergeleke met die boek Dis asof die verskrikking van die lewe in konsentrasiekampe totaal onderspeel is met meisies wat vrolik tussen die tente deurloop en die denke van 'n bywonersdogter wat min blootstelling aan die lewe gehad het was net glad nie vir my in pas met die taalgebruik nie Verder was sy as jong meisie van 18 uitgebeeld Agtien was daardie tyd oujongnooiens of getroud met drie kinders sjoe wat n boek is regtig baie goed gekryf dit mag dalk vir party mense te dramaties wees maar dis n moeilike onderwerp ek dink wat dit besonder goed gemaak het is die feit dat dit geskryf is deur n man om so in n vrou se psige en kop in te kom wil gedoen wees Gegrepen door de knappe schrijfstijl en het aangrijpende verhaal François Smith heeft dat mooi gedaan Francois Smith neem 'n ware verhaal uit die Anglo Boereoorlog en weef daaruit 'n vertelling oor Susan Nell se lewe In afwisselende hoofstukke vertel die roman van haar lewe in die tyd van die Boereoorlog toe sy in die Winburgse konsentrasiekamp deur twee Britse soldate en 'n joiner verkrag en vir dood agtergelaat is en 'n tydperk in Engeland toe sy as psigiatriese verpleegster een van haar verkragters teengekom het Die roman fokus eerder op die psigologiese impak van wat gebeur het as op die gebeure self en word daarom 'n veel helender ervaring as wat die titel 'n leser laat verwag Smith se prosa is sterk en ook mooi sonder dat hy ooit in mooiskrywery verval Die teks lees asof dit geskryf is deur 'n toeganklike Karel Schoeman en ek bedoel dit as hoë lof Die subtiliteit waarmee die gegewe uitgebeeld word die bemoedigende invloed van weldoeners en die ontvouing van die verhaal verdien 'n latere herlees Een van die beste romans wat ek in 'n lang tyd gelees hetDespite dealing with the cruelty of war and the devastating impact on individuals Francois Smith's take on a real person's history is healing than depressing He writes beautiful and powerful prose without prettifying his theme It is a powerful novel in its subtlety Dit is die Eerste Wêreldoorlog In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale Op die deur is ’n enkele naam aangebring Sy ken daardie naam Sestien jaar tevore in een van die Anglo Boereoorlog se konsentrasiekampe het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars Sy lig haar hand om die deur oop te maak maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie Sy moet dit doen Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het Susan Nell se hand word loodswaar Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek wasIn Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *